Notice: Function WP_Scripts::add was called incorrectly. The script with the handle "ecs-slider" was enqueued with dependencies that are not registered: swiper. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.9.1.) in /usr/www/users/newgotvkug/wp-includes/functions.php on line 6260

Data wys dat SA se ekonomie vinniger herstel en groei as verwag

June 14, 2021

Dit kom na SAL se privatisering begin het en mense meer krag aan Eskom kan verkoop.

President Cyril Ramaphosa het oor die afgelope paar weke redelike groot veranderinge in die land se beleide gemaak en die resultate lyk sover baie positief. Volgens die jongste ekonomiese data lyk dit asof SA se ekonomie vinniger as verwag herstel na die harde lockdown verlede jaar. Dit lyk ook asof die groei van die ekonomie beter vaar as meeste skattings. Dit kom nadat Ramaphosa die maand aangekondig het dat SAL uiteindelik begin met die privatiserings proses. Buiten dit is dit nou ook moontlik vir mense wat self krag opwek om meer elektrisiteit aan Eskom te verkoop as voorheen, wat beurtkrag al hoe minder behoort te maak. Volgens Stats SA sou ons ekonomie in die eerste drie maande van die jaar met net 3.2% gegroei het, maar dit het met 4.6% sover gegroei.

 

Deprecated: Use of "parent" in callables is deprecated in /usr/www/users/newgotvkug/wp-content/plugins/wp-rocket/inc/Dependencies/Minify/JS.php on line 127