Dit is 100% vegan.
Gucci het onlangs drie nuwe sneakers gedrop wat van hulle nuwe materiaal, Demetra, gemaak word. Demetra is organiese cotton, herwinde staal en polyester. Die high-fashion label het vir die afgelope twee jaar baie moeite en tyd in die navorsing van hierdie materiaal ingesit.
Aangesien Gucci self die Demetra materiaal vervaardig kon hulle sekermaak dat die materiaal steeds daardie luukse gevoel van hulle ander skoene gee, so Gucci-fans behoort glad nie teleurgesteld in die kwaliteit te wees nie. Die materiaal is ook 100% vegan-vriendelik.














