Notice: Function WP_Scripts::add was called incorrectly. The script with the handle "ecs-slider" was enqueued with dependencies that are not registered: swiper. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.9.1.) in /usr/www/users/newgotvkug/wp-includes/functions.php on line 6260

Gyms, teaters en casino’s moet sluit tydens vlak 4.

June 29, 2021

Die regulasies is gister in die nuutste Staatskoerant gepubliseer.

Volgens die jongste staatskoerant wat gister gepubliseer is moet alle gyms, teaters en casino’s hulle deure vir die volgende 14 dae sluit. Dit is deel van die vlak 4 regulasies wat Sondag aangekondig is om die derde vlaag Koronavirus-infeksies te bekamp. Aanvanklik het hierdie instellings vermoed hulle sal oop kan bly, maar ongelukkig kon hulle nie die inperkings vryspring nie. Die verskillende rolspelers in die betrokke sektore is onsteld oor die feit dat hulle moet sluit, ten spyte van die feit dat hulle alles moontlik doen om veilige ruimtes te skep. Die regering sal na die 14-dae periode besluit of die ondernemings en die vlak 4 regulasies verander kan word.

Deprecated: Use of "parent" in callables is deprecated in /usr/www/users/newgotvkug/wp-content/plugins/wp-rocket/inc/Dependencies/Minify/JS.php on line 127