Biden het genoem dat Noord-Korea se kernwapens ‘n groot gevaar vir die VSA is.
Noord-Korea het by monde van ‘n amptenaar vir Amerika gewaarsku dat hulle in ‘n gevaarlike situasie is nadat die Amerikaanse president, Joe Biden, in ‘n toespraak gemeen het dat Noord-Korea se kernwapens vir hulle ‘n groot bedreiging is. Die Noord-Koreaanse amptenaar het in die media aangevoer dat hulle nou genoop is om hulle verdediging teen Amerika nog meer te versterk, aangesien hulle hierdie uitdrukking deur Biden as ‘n dreigement teen hulle land se veiligheid sien. Die VSA het voorheen daarop gewys dat hulle al Noord-Korea se kernwapens uit hulle hande wil neem vir die veiligheid van alle ander lande.











