Notice: Function WP_Scripts::add was called incorrectly. The script with the handle "ecs-slider" was enqueued with dependencies that are not registered: swiper. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.9.1.) in /usr/www/users/newgotvkug/wp-includes/functions.php on line 6260

SA se geliefde Shaleen Surtie-Richards sterf op 66

June 8, 2021

Haar bestuur span het die nuus gister op Facebook gedeel.

Suid-Afrikaners weet bykans almal wie Shaleen Surtie-Richards is, te danke aan die vele rolle wat sy in plaaslike rolprente en TV-reekse vertolk het. Maandag het haar bestuurspan die nuus gebreek dat sy oorlede is op die ouderdom van 66 deur ‘n Facebook-plasing op haar blad te maak. Shaleen was veral bekend vir haar rol as Fiela in Fiela se Kind en haar rol in die sepie, Egoli. Dit is nog nie seker waaraan die legende oorlede is nie, maar haar span het aangedui dat hulle die nuus met die nasie sal deel sodra hulle self weet. Sedertdien het daar duisende huldeblyke vir Shaleen vanaf regoor Suid-Afrika ingestroom.

Deprecated: Use of "parent" in callables is deprecated in /usr/www/users/newgotvkug/wp-content/plugins/wp-rocket/inc/Dependencies/Minify/JS.php on line 127