Notice: Function WP_Scripts::add was called incorrectly. The script with the handle "ecs-slider" was enqueued with dependencies that are not registered: swiper. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.9.1.) in /usr/www/users/newgotvkug/wp-includes/functions.php on line 6260

Ster Kinekor en die Staatsteater gaan saam opnames van verskillede plaaslike teaterproduksies by fliekteaters wys

May 18, 2021

Dit is deel van beide entiteite se beweging na die nuwe normaal.

Ster Kinekor en die Staatsteater het aangekondig dat hulle nou saamwerk om verskillende opnames van plaaslike teaterproduksies by Ster Kinekor teaters regoor Suid-Afrika te begin speel. Sodoende kan teaterliefhebbers steeds produksies kyk te midde van die feit dat die pandemie dit steeds moeilik maak vir groot teaters om ‘n bestaan te maak. Vir Ster Kinekor is dit ook ‘n geleentheid om ‘n nuwe mark te bereik. Die produksies sal in Julie begin draai by sekere Art Nouveau teaters. Die volledige kalender moet nog bekendgestel word.

Deprecated: Use of "parent" in callables is deprecated in /usr/www/users/newgotvkug/wp-content/plugins/wp-rocket/inc/Dependencies/Minify/JS.php on line 127