Die pooltafel is bedoel om op jou luxury yacht gebruik omdat dit die heeltyd level bly.
Bugatti het ‘n nuwe pooltafel gemaak wat homself die heeltyd level hou. Die idee is dat die pooltafel op luxury yachts gebruik word, sodat reisigers pool kan speel selfs al is hulle op die rowwe seewaters.
Die pooltafel kos bykans R4 miljoen! Die hele tafel het ‘n stylvolle staal raam en die sakkies wat die balle vang is van leer gemaak. Hulle gebruik ‘n gyroscopic sensor om die tafel heeltyd level te hou. Die sensor tel die bewegings van die tafel op en maak self dan aanpassings om als gelyk te hou.














