Notice: Function WP_Scripts::add was called incorrectly. The script with the handle "ecs-slider" was enqueued with dependencies that are not registered: swiper. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.9.1.) in /usr/www/users/newgotvkug/wp-includes/functions.php on line 6260

Twitter gaan ‘n Afrika-hoofkantoor in Ghana oopmaak

April 15, 2021

Hulle hou glo van Ghana se beleide oor vryheid van spraak.

Twitter het in ‘n onlangse blog post aangekondig dat hulle ‘n Afrika-hoofkantoor in Ghana gaan vestig. Hulle het genoem dat Ghana se beleide oor vryheid van spraak, vernaam as dit by aanlyn kommunikasie kom, is iets wat vir hulle uitstaan. Dit sal die eerste Afrika-tak wees wat Twitter oopmaak. Die hoofrede vir Twitter se koms na Afrika is sodat hulle dieper kan vestig in die Afrika-konteks. Hulle wil graag strategiese maniere kry om Twitter ‘n gewilde platform onder mense van die kontinent te maak.

Deprecated: Use of "parent" in callables is deprecated in /usr/www/users/newgotvkug/wp-content/plugins/wp-rocket/inc/Dependencies/Minify/JS.php on line 127